Nesher Privaatskool © Kopiereg 2015 - Responsive Website Design & SEO by Ashworthweb
NESHER CHRISTUSGESENTREERDE AKADEMIE
….die plek waar mense ARENDSVLERKE kry….
DIE VISIE VAN NESHER
NESHER…
die plek waar mense ARENDSVLERKE kry
Ons LEUSE is: “Ons sal JAHWEH ons God dien en na Sy stem luister”
Die visie van hierdie skool is om kinders en elke ander persoon betrokke by hierdie bediening, op te rig as doeners, nie net
praters van God se Woord nie.
HOOR EN DOEN is waaroor dit gaan.
Dit behels dus ‘n noue persoonlike verhouding met die God wat alles geskep het, in Wie al die verborge skatte van
wysheid en kennis te vind is (Kol.1:16, 17 en 2:3)
PRAKTIES: NESHER fokus daarop om elke mens die geleentheid te gee om te groei in sy menswees wat God vir hom
beplan het. Dit sluit elke faset van sy lewe in.
Akademie: Akademiese Uitmuntendheid
Elke mens vir ons belangrik, maak nie saak wat sy vermoëns is nie nie. Ons glo dat elke mens deur sy Skepper
gemaak is met ‘n spesifieke doel. Sukses is om God se doel met jou lewe te ken en uit te voer. Daarom is ons ook
Neuro-Link gelesensieerd. Ons bied graad RR tot graad 7. Ons het ‘n maksimum van 10 leerlinge per klas.
Sport: ‘n Mens se liggaam is dit waarmee jy lewe en doen, dus is dit belangrik om ook liggaamlik fiks te wees. Ons
is geaffilieer by SACSSA, wat ons kinders geleenthede gee om aan feitlik alle sportsoorte deel te neem, tot op nasional
vlak.
Geestelik: Ons maak nie onderskeid, soos so algemeen is in ons Westerse samelewing gedoen word, tussen
geestelike en fisiese lewe nie. Ons kinders word geleer om alles te doen asof hulle dit vir God doen. Ook ons
akademie word Christusgesentreerd aangebied.