Nesher Privaatskool © Kopiereg 2015 - Responsive Website Design & SEO by Ashworthweb
NESHER CHRISTUSGESENTREERDE AKADEMIE
….die plek waar mense ARENDSVLERKE kry….
GEBED VIR DIE ONDERWYS
Kinders van God in Suid-Afrika, STAAN OP AS ‘N HUIS VAN
GEBED en TREE IN vir die opvoeding van ons kinders!!!
Ons as mense is as God se verteenwoordigers aangestel…
Ons as God se mense, herstel in ons verhouding met HOM deur
die bloed van JESUS, Herskeptes en Herskeppers in SY Koninkryk,
KAN die onderwys in ons land transformeer!!!
Kom ons bid wat ons MEESTER, Jesus die Messias, ons geleer
Ons Vader wat in die hemel is, ons kom na U in die Naam van Jesus
• Laat U Naam geheilig word in die onderwys van Suid-Afrika
• Laat U Koninkryk kom in elke skool, elke onderwyser elke amptenaar
• Laat U wil geskied, soos U dit beplan het, soos in die Hemel by U, net so ook in die
onderwys in SA. “Ons weet dat U alles kan doen en dat geen plan vir U onuitvoerbaar
is nie.” (Job 42:2)
• Gee ons vandag ons daaglikse brood U is ons BRON, nie die regering of enige
ander mens nie. Voed ons met die BROOD van die lewe, Jesus Christus self, sodat
ons kinders nie hoef rond te loop en brood bedel nie! (Psal37:25)
• Vergewe ons ons sondes, vergewe ons, Vader. Laat die harte van vaders terugkeer
na hulle kinders, en dié van kinders na hulle vaders (Maleagi 4:6)! Help ons om
mekaar te vergewe!
• Vader, daar is SO baie versoekings wat ons en ons kinders van U af wegdryf, wat
veroorsaak dat ons U nie glo nie. Ons herinner U aan U belofte vir U volk in Jeremia
32:39 “En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede
en hulle kinders ná hulle.
• Verlos ons van die bose! In die Naam van Jesus proklameer ons: “Satan, gee terug
ons kinders!” Ons doen dit met die outoriteit wat deur die Meester self aan SY
dissipels gegee is: “Kyk. Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap,
en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”(Luk.10:19)
• Want aan U behoort die mag en die heerlikheid en krag! Daar is niemand soos U
onder die gode nie, Jahweh, saar is niks soos U werke nie! Al die nasies wat U
gemaak het, sal kom en hulle voor U aangesig neerbuig, Here, en hulle sal U Naam
eer; want U is groot en doen wonders, U alleen is God. (Ps.86:8-10)
AMEN