Nesher Privaatskool © Kopiereg 2015 - Responsive Website Design & SEO by Ashworthweb
NESHER CHRISTUSGESENTREERDE AKADEMIE
….die plek waar mense ARENDSVLERKE kry….
NEURO-LINK IN ONS ONDERRIG
Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om u voor te stel aan Neuro-Link. Soos u kan sien het ons ‘n
passie vir kinders. Daarom het ons heelwat navorsing gedoen om ‘n gepaste program te vind om leerling by te
staan om hul volle potensiaal te bereik. Daar is heelwat programme wat baie duur is en heelwat beperkinge
insluit.
Julie 2013 maand was ons aan Neuro-Link voorgestel. Dit vereis ‘n heelwat kleiner kapitale uitleg en het geen
beperkinge nie. Die program is briljant en kan enige lid van die gemeenskap bedien. Vanaf 6 jaar tot 99 jaar oud
kan baat vind daarby. Ons het gevind dat daar ‘n groot behoefte in ons gemeenskap is onder leerlinge wat
onderpresteer en nie gepaste hulp of remediëring ontvang nie. Meeste van die tyd is daar net regstellende
onderrig nodig. Huidiglik is daar geen program wat so omvattend is in die Delmas/Springs/Bronkhorstspruit
omgewing nie.
Ons is besonders opgewonde oor die geleentheid. Die holistiese benadering van Neuro-Link sal ons kinders en
ouers leer hoe om hul unieke leervaardigheid te vind, ontwikkel, aan te pas en te versnel met die insig ingesluit
van ‘Nou verstaan ek my kind!’ Daar is te veel kinders wat onderpresteer omdat hul nie hulself ken nie of omdat
hul ge-etiketeer is. Ons kinders is die ouers en leiers van more! Ek is oortuig dat hul taak nog moeiliker as ons
sin gaan wees. Elke sent wat ons nou belê is ‘n belegging in hul toekoms! Elke kind het die reg om na die beste
van sy vermoeë te presteer en gelukkig te wees daarmee! Die program sluit 11 profiele in en is uniek in sy soort.
Dit leer ‘n kind alles wat hy van hom/haarself moet weet om op sy beste te kan leer en presteer, binne en buite
die klas. Dit leer ook hoe om druk te herken, hanteer en dan die balans weer te herstel. Enige kind al is hul nie
leerlinge van Nesher nie is welkom ‘n profiel te kom doen. Daar is kostes aan verbonde.
Uit die aard van die saak integreer ons Neuro-Link in Nesherskool se klasse. Van die jonkste tot die oudste -
onderwysers ingesluit baat reeds daarby! Ons het alreeds heelwat vrug gesien sommer binne ‘n kort tydjie!
Fantasties! Die klasse en aanbieding daarvan is volledig Neuro-Link geïntegreerd vanaf Januarie 2014.
Die LRP™ (Learning Reseptiveness Profile) is ‘n neurowetenskaplike, multi-dimensionele huplmiddel wat die 6
drywers verantwoordelik vir optimale breinfunsionering asesseer, asook 7 verskillende breingebasseerde
perspektiewe wat die leerder se vermoë om effektief te dink en te leer, beïnvloed. Hierdie assesering is ‘n
tasbare instrument wat ‘n kind of volwassene help om alles te wees wat jy bestem is om te wees.